Local sportSport

Hannes, 12, gekroon as R’fontein Gholfklub se klubkampioen

Ontmoet Randfontein Gholfklub se jongste klubkampioen in 95 jaar!

Sedert hy vyf is, is Hannes Strooh daagliks op die gholfbaan waar hy sy passie uitleef.

Hannes is nou 12 jaar oud en het reeds verskeie gholftitels verower. ‘n Onlangse hoogtepunt was toe hy as klubkampioen by die Randfontein Gholfklub aangewys is.

Hannes is ‘n Laerskool Rapportryer-leerder en hou daarvan om sy tyd op die gholfbaan deur te bring. Hy kan nie wag dat die skoolklok lui sodat hy kan huis toe gaan nie, want dan kan hy heerlik op die gholfbaan gaan ontspan.

Tydens die Randfontein Gholfklub-klubkampioenskappe het hy rondtes van 74 en 75 geslaan en die titel met drie houe gewen. Hannes is tans die jongste klubkampioen in 95 jaar. Sy pa het aan die Herald vertel dat Hannes veronderstel is om van die vroue se bof af te slaan, maar dat hy die wentitel vanaf die mans se bof verower het.

“Ek oefen elke dag van my lewe en dis vir my heerlik om nagenoeg 500 balle ‘n dag af te slaan,” het Hannes gesĂª.

Hy kry geen professionele afrigting nie en glo dat sy pa en YouTube hom so ‘n uitstekende speler gemaak het. Hy speel vanaf ‘n voorgee van een by die klub en het nie ‘n baljoggie nie.

Hannes en sy pa gaan elke naweek na verskillende gholftoernooie toe en hy het al verskeie daarvan gewen. Op die ouderdom van 10 het Hannes vir die eerste keer die Sentraal-Gautengse o.13-span verteenwoordig. In 2015 het hy aan die Junior Olimpiese Spele in KaliforniĂ« deelgeneem waar ongeveer 350 spelers meegeding het. Daar het hy ‘n sewende plek verower wat hom die sewende beste junior gholfspeler in die wĂªreld maak.

Hannes is in sy element op die gholfbaan.

“Ek kan nie eers al die toernooie opnoem wat ek al gewen het nie,” het Hannes gesĂª.

Hannes beoog om later vanjaar die SA’s o.13-toernooi te wen. Sy rolmodel is Tiger Woods en hy wil graag eendag al sy rekords verbeter.

Sy groot droom is om eendag by die Britse Ope- en Major-gholftoernooi in aksie te wees.

“Ek wil graag anders wees en bereik wat niemand anders nog bereik het nie,” het Hannes gesĂª.

Hannes glo dat ‘n goeie gholfspeler die volgende eienskappe moet hĂª:

• DeursettingsvermoĂ«

• Harde werk

• UithouvermoĂ«

• Verantwoordelikheid

Hannes wil graag ander leerders aanmoedig om hulle drome na te jaag en om nooit op te hou droom nie.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button