MunicipalNews

Raadslede en publiek maak dele van R’tein skoon

Gemeenskapslede asook DA-lede het vroeg een oggend in Homelake bymekaar gekom om begin skoonmaak ter viering van Vrouemaand.

Gemeenskapslede asook die DA het vir Vrouemaand dele van die dorp saam skoongemaak.

Vir ‘n geruime tyd ontvang Eddie Krog, DA PR-raadslid, klagtes van inwoners oor dwelmhandel en misdaad in Parkstraat asook boemelaars wat onder die brug slaap. Die brug is nie net vuil nie maar daar is graffiti en ongewenste plakkate daarop.

Krog het besluit om in te gryp. Vroeg op 9 Augustus het ongeveer 10 gemeenskapslede asook DA-lede bymekaar gekom en aan die werk gespring.

Floyd Manake.

“Ek en ook ons raadslede wat werklik ‘n verskil wil maak in die dorp wil graag teruggee aan die gemeenskap ,” het Floyd Manake, ‘n inwoner gesê.

‘n Agtjarige seun, Matteo Krog, het ook sy tyd opgeoffer om sy pragdorp skoon te maak. Ntombi Pieterson het haar Vrouedag opgeoffer om ook ‘n verskil te maak.

Krog moedig ander raadslede asook die gemeenskap aan om die dorp te begin skoonmaak. Volgens hom kan so ‘n klein verskil uiteindelik baie vir die dorp beteken.

Krog moedig ander raadslede asook die gemeenskap aan om die dorp te begin skoonmaak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button