Local sportSport

Eagles slaggereed vir SA’s na Pretoria-toernooi

Die toernooie wat volg sal die stoeiers voorberei vir die SA-kampioenskappe wat in plaasvind.

Eagles Stoeiklub in Randgate is slaggereed vir die SA Kampioenskappe in Oktober.

Dit nadat hul lede op Saterdag, 5 Augustus aan die Johny Reitz Big 5-opetoernooi in die Rembrandtsaal by die LC de Villiers Sportkompleks in Pretoria deelgeneem en goed gevaar het. Dié toernooi word beskou as een van die land se grootstes omdat meer as 40 klubs en ongeveer 470 stoeiers daaraan deelgeneem het.

Matteo Krog in rooi. Foto deur Chanelle Groenewald.

Volgens klubafrigter Gawie Erasmus het hul stoeiers uitstekend gevaar en sy verwagtinge oortref. Tydens die geleentheid het hulle ook hul nuwe uitrustings bekendgestel waarop die klub baie trots is.

Eagles se uitslae in Pretoria is as volg:

• Matteo Krog o.8 – Goud

• PJ Fourie o.9 – Silwer

• Charl Barnard o.15 (in die gewigsklas 50 tot 54kg) – vierde plek

• Aldre Groenewald o.15 (in die gewigsklas 58 tot 63kg) – vierde plek

Die klub is baie trots op die stoeiers en sien ook uit na hulle volgende toernooi wat binnekort plaasvind.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button