School sportSport

Angelique van Jannas wen silwer vir Gauteng

Netbalspeler van Hoërskool Jan Viljoen hou skool en dorp se naam hoog tydens SA's.

Angelique van Niekerk van Hoërskool Jan Viljoen het met ‘n silwermedalje om die nek teruggekeer van die Suid-Afrikaanse Skolenetbalkampioenskappe in Durban.

Sy het die Gauteng o.16-netbalspan verteenwoordig wat met slegs een doel teen Noordwes – die gouemedaljewenners – vasgeval het.

Die Gauteng-span word saamgestel uit die Top 12-spelers in die provinsie en Angelique is een van hulle. “Die vlak van netbal is baie mededingend,” het sy vertel.

Volgens die skool het Angelique ‘n passie vir die sport en speel reeds die afgelope drie jaar vir Jannas se eerstenetbalspan. Angelique is ook vir die Wes-Randse o.19-klubnetbalspan gekies, maar moes onttrek weens haar Gauteng-netbalverpligtinge.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button