Local newsNews

Geliefde Kotie word 90

Die gemeenskap sal haar onthou as die bestuurder by die bekende meubelwinkel in die middedorp, Sentraal Meubileerders.

Op 2 Augustus het ‘n bekende en baie geliefde inwoner van Randpoort Renaissance haar 90e verjaarsdag gevier.

Kotie de Beer woon al 66 jaar in Randfontein en die gemeenskap sal haar onthou as die bestuurder by die bekende meubelwinkel in die middedorp, Sentraal Meubileerders. Sy spog met twee kinders, vier kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Kotie de Beer is baie geliefd in die oord.

Kotie het deur die jare op al die komitees in die tehuis gedien, sy is lid van die dames- en uitreikkomitee en is ook ‘n bestuurslid.

“My ma besoek altyd die siekes. Sy is bekend vir al haar liefde en hoe sy vir ander omgee,” het haar dogter Annelie Heever gesê.

Kotie bestuur steeds haar eie motor, doen haar eie inkopies en is onafhanklik van ander. Kotie spandeer graag tyd in die tuin, brei, hekel, lees en geniet dit om naaldwerk te doen.

Op 2 Augustus het meer as 100 inwoners, vriende en familie vir Kotie bederf met heerlike verversings, liedere en toesprake.

“Ek het soveel dankbaarheid in my hart dat ek so ‘n hoë ouderdom kon bereik en steeds gesond is,” het Kotie gesê.

Kotie het ook vertel dat haar vriende en familie die dryfkrag agter haar is. Haar beste vriendin in die oord, Lizzie le Roux het op 3 Julie haar 101e verjaarsdag gevier. Die twee is al 27 jaar lank vriendinne.

Die Herald wens vir Kotie geluk wens met die besonderse mylpaal.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button