Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #26 – Gavin Wilson

Die 26e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Die Herald het Dinsdag (25 Julie) in die 26e aflewering van die reeks ‘Leer ‘n ‘Teiner ken’ vir Gavin Wilson, 57, ontmoet.

Gavin is ‘n besigheidsman en mede-eienaar van die boerekosrestaurant, Grootjie se Kombuis. Hy woon sy lewe lank in Randfontein, behalwe vir die sewe jaar wat hy in Westonaria gewoon het. Gavin is van Skotse afkoms en is al 17 jaar met ‘n boerenooi, Ida getroud.

Gavin het een seun, die 28-jarige Graham wat in Skotland woon, en saam met Ida se twee kinders, Liezel, 31, en Wynand, 34, is die gesin ‘n interessante kombinasie van agtergronde. Gavin vertel in die video waar hy skoolgegaan het en hoe sy loopbaan verloop het.

Gavin se gunsteling vakansieplek is Ierland maar vir hom is die mooiste plek in die wêreld die Wes-Kaap. “Ek is ‘n regte couch referee en is baie lief vir rugby, krieket en F1-motorwedrenne. Ek kan kommentaar lewer, hoor!” Wat die literatuur betref is die Skotse digter, Robert Burns, sy gunsteling.

Hy het saggies gebieg, “Almal gaan nie daarvan hou nie, maar ek is ‘n Lions-ondersteuner.” Gavin is inderwaarheid ‘n teruggetrokke persoon. Sy gunsteling kos is spaghetti-en-maalvleis, en sy stokperdjie is om rugbytruie te versamel. Hy het reeds 70 van hulle.

En ja, natuurlik het hy ‘n Skotse rokkie (kilt). Hy vier graag saam met ander Skotte spesiale dae soos Burns Night op 25 Januarie en St Andrew’s Day op 30 November. Gavin is lid van die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringforum.

Gavin is ook by Cansa betrokke en deel van ‘n Skotse gemeenskap. Sy bynaam op skool was Wilson toffee en by die werk is dit Superman, maar as hy homself ‘n naam sou gee, is dit Vriendelike Helper. Hy nooi graag ander Skotte uit om hom te kontak, asook dié wat inligting oor die Cansa-organisasie wil hê.

• Navrae: Skakel gerus vir Gavin by 082 446 0830.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button