MunicipalNews

Meer as twee jaar se riool in my erf

Die Swanepoel-gesin worstel al meer as twee jaar met die rioolmonster.

Vir twee en ‘n half jaar sukkel die Swanepoel-gesin met riool wat in hul agterplaas vloei. Die probleem is nou besig om hand uit te ruk.

Die Herald het die afgelope tyd verskeie kere berig oor riool wat in inwoners se erwe oorloop.

Rina Swanepoel het die Herald ongeveer twee maande gelede oor die rioolmonster gekontak waarna die Herald haar na die betrokke partye verwys het.

“Ons het al met elke liewe persoon gepraat waaraan jy kan dink. Volgens die munisipaliteit lê die probleem by die myn waar ‘n pomp glo gevandaliseer is en nie werk nie,” het Rina gesê.

Die gesin is gereeld in kontak met die munisipaliteit, maar hulle ontvang geen diens of terugvoering nie.

“My honde kan nie eers buite speel nie want die reuk is iets vreeslik. My bure kla ook dat hulle nie meer buite kan kuier nie,” het Rina gesê. Die vlieë en brommers is net so ‘n groot probleem.

Die Herald het raadslid Peter Dick genader vir sy kommentaar oor die probleem.

“Mnr Swanepoel het aan die uitvoerende burgemeester oor die probleem geskryf en ons wag vir sy terugvoering,” het Peter gesê.

Wat die Swanepoel-gesin verder ontstel is dat ander inwoners se rioolprobleme betreklik vinnig opgelos word, maar hulle wag nou al meer as twee jaar vir ‘n oplossing.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button