Local newsNews

Verlate huis in Randgate: Seun van 2, nou 81, geskok met grootwordhuis

Man keer na meer as 50 jaar terug na sy grootword-huis, net om te sien hoe vervalle dit is.

“Hierdie was eens op ‘n tyd my huis – ek het soveel herinneringe.”

Dit was Dries van Zyl se kommentaar toe die Herald saam met hom een van twee verlate huise in Randgate besoek het. Dries woon tans in Vriendskaptuiste en is 81 jaar oud.

Die huise het ‘n probleem geword nadat die eienaars glo spoorloos verdwyn het. Die DA-raadslid vir Wyk 4, Sina Erasmus het vertel dat sy al ‘n geruime tyd klagtes van inwoners in Randgate ontvang. Die persele lok ongure karakters en word as ‘n teelaarde vir misdaad beskou.

‘n Geskokte en ontstelde Dries van Zyl.

Dries is baie emosioneel oor die huis by Henningstraat 41 wat tevore vir hom baie vreugde gebring het. In 1938, toe Dries twee jaar oud was, het sy ouers as die eerste eienaars in die huis ingetrek waar die gesin baie gelukkige jare deurgebring het. Dries se ouers en hul drie kinders het die huis vir meer as 50 jaar besit.

Dries het vertel dat hy presies kan onthou hoe die huis binne gelyk het en dat hy nou nog toe oë deur die huis sal kan loop.

Hy het in die huis gebly totdat hy 23 jaar oud was, waarna hy en sy vrou die huis langsaan gekoop het. Daar het hulle meer as 38 jaar lank gebly.

‘n Geskokte en ontstelde Dries van Zyl.

Dries se susterskind, Dirk Marais, het die huis in 1981 gekoop. Dirk het die huis verbou en vir ongeveer 13 jaar lank daar gebly. In 1994 is die huis aan ‘n onbekende man verkoop.

“Ek probeer die gevoelens vermy, want ek raak baie emosioneel oor die huis. Ek heg baie sentimentele waarde aan dinge en dit breek my hart om te sien dat dit vir ander geen waarde het nie,” het Dries gesĂª.

Dries het aan die Herald vertel dat hy gereeld in die verlate huis rondgestap het om te kyk wat verander is en wat gesteel is.

Dries het hartseer vertel hoe hy destyds bome wat tans in die erf staan, gesnoei en gesien groei het. Die harde werk wat hy en sy ouers in die huis ingesit het, is vandag tot niet.

Dries het vertel dat hy nooit sal vergeet dat hy op 21-jarige ouderdom in dieselfde huis deur sy vriend geskiet is nie. Hy het vertel dat dit vir hom gevoel het asof sy gees sy liggaam verlaat het. Dieselfde koël is steeds in Dries se nek.

“Ek wens hulle wil die huis sloop of herbou om dit weer woonbaar te maak. Ek ken hierdie huis – dit was my huis,” het Dries gesĂª.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button