Local sportSport

Tien R’fontein-rolbalspelers in aksie by Gauteng Ope

"Ons is gereed vir wie ook al in ons pad staan!" Tien Randfontein Rolbalklub-spelers sal in aksie wees tydens die Gauteng Ope Kampioenskappe in die ooste.

Daar heers groot opgewondenheid onder die lede van die Randfontein Rolbalklub.

Tien van die klub se spelers is onlangs gekies om aan die Gauteng Ope Kampioenskappe deel te neem. Dit is vir die klub ‘n groot eer omdat dit die eerste keer in jare sal wees dat van hul spelers aan hierdie groot toernooi sal deelneem. Die klub was verlede jaar die gasheer vir die kompetisie, maar ‘n klub in Ekurhuleni sal dit vandeesmaand (Julie) aanbied.

Die klub het vier vroue en twee mans vir die enkelskompetisie ingeskryf, en een manspan en ‘n vrouespan gaan aan die vierskompetisie deelneem. Die klub wens die spelers alle sterkte toe met die groot toernooi wat op hulle wag. “Ons is baie opgewonde oor die kampioenskappe,” het Ansie Fourie, een van die spelers gesê.

Die spelers nooi ook graag die hele gemeenskap om deel te neem aan hul pretdae wat eenkeer ‘n maand aangebied word. Die volgende een is op Saterdag, 29 Julie by die klub.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button