Local newsNews

#VrydagBraaiDag: Bosveldhout – die geheim vir ‘n bakgatbraai

Vir hierdie week se braaistorie het die Herald met Willie gesels oor braaihout en gehoor dat reën hom nie afskrik van braai nie.

In hierdie week se #VrydagBraaiDag het die Herald by bobaasbraaier Willie Maré gaan kuier.

Willie is 26 jaar oud en hou daarvan om minstens twee maal per week te braai. Hy het aan die Herald vertel dat hy sy eie braaier gebou het en dat bosveldhout sy geheim vir lekker braai is.

“Ek hou baie van ‘n soet broodjie saam met my braaivleis. Dit word gemaak met bruinsuiker, room en deeg,” het Willie gesê.

Hy het ook vertel dat hy van Blou Bul-wors hou, hoewel hy nie ‘n Blou Bul-ondersteuner is nie. Hy koop die spesifieke wors by ‘n plaaslike slaghuis.

Vleis op die kole.

Willie het vertel dat niks hom afskrik om te braai nie en dat hy selfs in die reën onder ‘n sambreel braai.

“Goeie geselskap van vriende en familie is altyd ‘n bonus tydens ‘n braai,” het Willie gesê.

Vertel ons jou braaistorie per epos na randfonteinherald@caxton.co.za. Braaistories verskyn Vrydae op ons webwerf.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button