Local newsNews

Bertha – meer as net Emma van 7de laan

Die gaste het lekker gelag toe sy hulle vertel het van haar konstante stryd om die regte gewig vir 7de laan te wees.

Bertha Le Roux, (welbekend as Emma van 7de laan) het op Saterdag, 25 Junie, by die Renaissance Aftree Oord ‘n besonderse praatjie gelewer.

Die tema van die geleentheid was ‘Wintersoggendkuier saam met Bertha le Roux’. Alle wins van die dag en alle donasies is aan CANSA geskenk.

Lees ook: Emma van 7de Laan besoek créche

Die Herald was ook genooi, en dit was inderdaad ‘n gesellige geleentheid met pragtige Australiese sonneblomme op die tafels. Elke gas het ook ‘n Vinolia-sepie en ‘n Sarie-tydskrif as geskenke ontvang. Thea Wille, die organiseerder, se harde werk het definitief vrugte afgewerp.

Nadat die gaste na Bertha se praatjie geluister het, het hulle heerlik gesmul aan vetkoek en sop. Daar was ook lekker verrassings en pret, en geskenke is uitgedeel vir die beste haarstyl, bes geklede vrou, die persoon met ‘n plakkertjie onder haar stoel en ook die gas met die oudste juweelerfstuk.

Marie Kock was een van die gelukkige wenners wat ‘n koepon gewen het.

Bertha het die geleentheid begin deur ‘n paar gedigte na aan haar hart vir die gaste voor te lees. Twee van hulle was van Elisabeth Eybers. Bertha het daarna haar lewensverhaal vertel – van haar jonger dae, die 13 jaar waarin sy die rol van Emma in 7de laan vertolk het, tot vandag waar sy ‘n omroeper vir Radio Kansel is. Sy is een van vyf kinders en het twee van haar eie. Sy het ook groot respek en liefde vir haar man.

Lees ook: Bekende gesig weer in dorp vir Cansa

Bertha het vertel van die tyd toe sy baie na aan die Here begin leef het. Dit was kort na haar pa se dood toe sy self ook twee weke lank in die hospitaal was en baie pyn ervaar het. Sy het die hartsnare geroer toe sy vertel het hoe God haar deur haar lewe gelei het.

Die gaste het lekker gelag toe sy hulle vertel het van haar konstante stryd om die regte gewig vir 7de laan te wees. Sy het vertel dat sy in September 2014 finaal by die sepie weg is, maar sy het daarna in ‘n kortfilm gespeel.

‘n Interessante feit is dat Bertha die Guinness World Records gehaal het nadat sy tydens ‘n Finesse-geleentheid vir 535 vroue lipstiffie aangewend het. Bertha het afgesluit en gesê dat God by elke mens is, en dat Hy die silwer rand aan die donker wolk is.

Thea Wille en almal wat hard aan die funksie gewerk het, bedank graag die volgende borge: Ben Morgenrood Randfontein, Renaissance Sekurtiteitsoord, Dios Mio-haarsalon in Greenhills, Executive Beauty Salon in Homelake, Quality Treats Tuisnywerheid en Pick n Pay in Helikonpark, Randgate Spar, Biltong Den in Randgate, Capitec en die Bybelgenootskap.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button