MunicipalNews

#MunisipaalMaandag – Verlate huise hou groot risiko in vir die gemeenskap van Randgate

Lede van die gemeenskap wat naby, langs en oorkant die huise bly word daagliks geteiken.

Twee verlate huise in Randgate raak ‘n probleem nadat die eienaars spoorloos verdwyn het.

Die Herald het op Maandag 26 Junie met DA-raadslid van wyk 4, Sina Erasmus gaan gesels. Sina het vertel dat sy al ‘n geruime tyd klagtes van inwoners in Randgate ontvang oor die twee huise waarvan die eienaar nie opgespoor kan word nie.

Dié huis in Henningstraat was voorheen mooi en bewoonbaar.

Die twee huise – een in Van Deventerstraat en die ander een in Henningstraat – is ongeveer twee en ‘n half jaar gelede deur onbekendes gekoop. Die eienaar het intussen spoorloos verdwyn en die huise het ‘n tuiste geword vir boemelaars, dwelmverslaafdes en -handelaars.

“Albei die huise is gestroop. Alles daarin is Ă³f gesteel Ă³f verkoop,” het Sina gesĂª.

Sina het ook vertel dat mense al dikwels gekla het oor bakleiery, dwelms en partytjies by die huise. Daar is ook klagtes oor die kriminele element aangesien daar dikwels inbrake is. Mense wat naby, langs en oorkant die huise woon, word glo daagliks geteiken. Die erfbelasting word ook nooit betaal nie.

“Die huise is ‘n groot risiko vir die gemeenskap en die probleem moet opgelos word,” het Sina gesĂª.

Sy het ook vertel dat sy al alles in haar vermoë gedoen het om die probleem te probeer oplos, maar dat sy tot dusver nie suksesvol was nie.

Dié huis in Henningstraat was voorheen mooi en bewoonbaar.

“Ek het petisies ingedien, briewe aan die raad geskryf en selfs na die regsaspekte rakende die huise gekyk,” het Sina gesĂª.

Sina voel dat die munisipaliteit moet ingryp. Sy stel voor dat die huise per veiling verkoop word, hoewel die ideale oplossing sal wees as die eienaars opgespoor kan word en die huise herstel.

Raadslid Sina Erasmus by die huis in Van Deventerstraat.

Dit is vir Sina baie hartseer dat die huise wat voorheen baie mooi en woonbaar was, nou vuil, vol rommel en amper bouvallig is. Die lang gras in die oorgroeide tuine kan boonop ‘n brandgevaar inhou.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button