Local newsNews

AfriForum-lede gereed om te help

AfrifForum se buurtwag/noodhulp help R'fontein.

Verlede Donderdag het die AfriForum-lede van die Randfontein-tak hulle eerste buurtwag op die been gebring en die strate van Greenhills gepatrolleer.

Takvoorsitter Matium van Vuuren het gesê dat ongeveer 10 motors die strate in is, en dat dit ‘n reuse sukses was. Die groep het by Tambotie Winkelsentrum bymekaargekom en van daar in hul onderskeie rigtings gegaan. Daar is geen voorvalle aangemeld nie.

Een van die kursusgangers leer noodsaaklike tegnieke om lewens te red. Foto: Ingestuur.

Op Saterdag 10 Junie, het AfriForum Randfontein vir die gemeenskap ‘n intreevlak-noodhulpkursus in die saal van die Gereformeerde Kerk in Robinastraat in Greenhills aangebied. Die kursus is deur talle inwoners bygewoon. Die siggestremde Jo-Lize Bronkhorst het ook die kursus meegemaak en gewys dat sy noodhulp kan toepas en moontlik ‘n lewe red.

“Selfs al is sy blind, huiwer hierdie dapper meisie nie om ‘n verskil te maak in haar gemeenskap nie,” het Tewie Botha, AfriForum-sekretaris en -veiligheidskoördineerder gesê. “Jo-Lize is ‘n ware voorbeeld en inspirasie vir almal van ons. Welgedaan aan al die kursusgangers wat die koel oggend getrotseer het.”

Enigiemand wat graag ‘n lid van Afriforum Randfontein wil wees, of wat wil help met die buurtwag, word versoek om asseblief die tak by 074 245 0338 te skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button