School sportSport

Die beste boogskut in Gauteng is van Riebeeck

Die beste skut is tydens die Gautengse Interskoleboogskietkompetisie aangewys en hy is van Riebeeckrand!

Hoërskool Riebeeckrand se skutte het onlangs aan die Gautengse Interskoleboogskietkompetisie deelgeneem en uitgestaan.

Hul seniorspan het ‘n eerste plek behaal.

Die deelnemende skole was Riebeeckrand, Cambridge Academy, Dr Havinga, Helpmekaar, Centurion High School, Eldoraigne, Elspark, Generaal Hertzorg, Oosterlig, Zwartkop, Dr Malan, Lotus School of Excellence en Noordheuwel.

Verskeie Riebeeckranders het ook individuele toekennings ontvang. Morné de la Rouviere is as die beste skut aangewys, Francois Martins was die tweede beste, Jacques de la Rouviere die vyfde beste en Jayden Esterhuizen die sewende beste.

Megan Robins is as die beste dogterskut aangewys en Janell Rossouw die vierde beste.

“Ons is baie trots op ons skutte. Boogskiet by Riebeeckrand vorder uitstekend,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button