MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: ‘n Gelyk en slaggatvrye Homesteadlaan

Uiteindelik! Homesteadlaan is totaal oorgedoen nadat verskeie klagtes oor ‘n lang tydperk ingedien was.

Slaggate en ongelyk paaie is dalk binnekort iets van die verlede vir die gemeenskap van Randfontein.

Lede van die gemeenskap was onlangs verbaas om te sien dat Homesteadlaan heeltemal oorgedoen word nadat verskeie klagtes oor ‘n lang tydperk ingedien is.

Werkers maak die teer op Homesteadlaan gelyk.

DA-raadslid van Wyk 6, Ellik de Lange het aan die Herald vertel dat dié gedeelte al ‘n geruime tyd terug herstel moes gewees het.

“Ons het baie klagtes van die publiek oor daardie stuk pad gekry,” het Ellik gesê.

Ellik het ook vertel dat hy al meer as ‘n jaar gelede voorgestel het dat die pad totaal en al oorgedoen word. Paaie se lewensduur is slegs 20 jaar en dié spesifieke gedeelte is ouer.

Die Herald het Ellik by die konstruksieperseel ontmoet en ook met die terreinbestuurder gepraat.

“Ons was veronderstel om die pad al verlede Vrydag klaar te hê, maar onvoorsiene probleme het opgeduik” het Brook Ngwenya gesê.

So lyk Homesteadlaan nou.

Ellik het die koste van die herstelwerk op ongeveer R2 miljoen geskat. Hy het ook vertel dat daar beplan word om die volgende paaie gedurende die 2016/2017 finansiële jaar te herstel:

• Bussing

• Sutherland

• Nhlapo

• Sechoaro

• Sonneblom

• Jacob Tshweu

• Ntuli

• Mphephu

“Ek is baie bly dat hierdie paaie uiteindelik reggemaak [gaan] word en ek wil almal bedank wat die proses moontlik gemaak het,” het Ellik gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button