Riebeeck-dogtersjukskeispan deur na SA’s
Hoërskool Riebeeckrand se o.19-jukskeidogters is witwarm en gaan SA's toe!
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2017/06/riebeck1_87463.jpg)
Hoërskool Riebeeckrand se jukskeispanne, in besonder die o.19-dogters, blink uit in die sport.
Bernadine vd Merwe, Rozelle Masser, Ju-hanie Wilken, Marianca Masser en Janeske Venter is die lede van die gedugte jukskeispan.
Dié o.19-dogters het ‘n eerste plek losgegooi en welverdiend na die Gauteng-jukskeiproewe deurgedring. Daar het hulle nie teleurgestel nie en het as die wenners wegstap. Hulle is as die Gauteng-skolespan aangewys wat later vanjaar aan die SA-jukskeikampioenskappe gaan deelneem.
Die skool is trots op hulle dogters wat hul leuse “Voluit vir Riebeeckrand” nastreef.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!