Opinion

Slaggate – Pinestraat onmoontlik om te gebruik

Dit is duidelik dat hierdie persoon/ persone onbevoeg is vir die posisies wat hulle beklee.

Aangaande slaggate in Pinestraat, Greenhills.

Vir die afgelope maand is daar 37 groot en diep slaggate oor ‘n afstand van ongeveer 200 meter in Pinestraat.

Dit is bykans onmoontlik om die pad te gebruik. Die burgemeester van Randfontein is waarskynlik nie daarvan bewus nie, aangesien hy nie orals kan wees nie, daarom vra ek hom hiermee om die persoon/persone verantwoordelik vir die herstel van slaggate aan te spreek en aan te sê om dit te herstel. Nie met grond nie, maar met beton en teer.

Dit is duidelik dat hierdie persoon/ persone onbevoeg is vir die posisies wat hulle beklee en behoort vervang te word. Wanneer iemand oor slaggate kla, is dit ‘n refleksie op die burgemeester en nie op die persoon verantwoordelik nie.

Ek sien uit na die hergebruik van Pinestraat!

Related Articles

Back to top button