School sportSport

Riebeeck en Jannas in groot stryd vandag

Riebeeckrand en Jannas pak mekaar vandag op die rugbyveld. Kyk hier na die wedstrydtye.

Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer twee van die dorp se groot skole mekaar op die rugbyveld pak.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) en Hoërskool Riebeeckrand (Riebeeck) is vandag op die rugbyveld om te sien watter een die beste rugbyskool is.

Verlede jaar het Jannas vir Riebeeck op die rugbyveld geslag met ‘n totale telling van 86–12.

Verlede jaar se uitslae

• Jannas o.14’s 20-0 Riebeeck o.14’s

• Jannas o.15’s 31-0 Riebeeck o.15’s

• Jannas o.16’s 12-0 Riebeeck o.16’s

• Jannas-tweedespan 14-12 Riebeeck-tweedespan

• Jannas-eerstespan 23-0 Riebeeck-eerstespan

Vanjaar het Riebeeck die tuisvoordeel en dit kan dalk gaan soos met David en Goliat.

Vandag se program:

• o.14A – 8vm

• Tweedespan – 9vm

• o.15A – 10vm

• o.16A – 11vm

• Eerstespan – 12.15nm

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button