NewsSchools

Ram se Goudfees weer ‘n treffer!

Ram het voluit gegaan tydens vanjaar se Goudfees.

Druk ‘n drie en gooi ‘n doel,’ was die mikpunt van menige Welpie-rugby- en Mini-netbalspelers tydens Laerskool Randfontein (Ram) se jaarlikse Goudfees. Die fees is op Saterdag, 6 Mei op Ram se sportvelde gehou.

Ram se Goudfees is ‘n hoogtepunt op hul kalender maar vanjaar was dit ekstra spesiaal aangesien die skool 80 jaar oud geword het. Daar het altesaam 12 skole aan die byeenkoms deelgeneem.

Kairi Coetzee in aksie op die netbalbaan (o.6). Foto: Annie Nolan

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het toeskouers en spelers reeds vroeg deur die skool se hekke gestroom.

“Jy kon die opwinding duidelik aanvoel. Daar was ook talle stalletjies wat enige iets van speelgoed tot eetgoed verkoop het,” het Annie vertel. “Ram het oudergewoonte ons leeu – Rammie Ramkat – losgelaat om die spelers te vermaak en aan te moedig.

Carmi Potgieter besig om ‘n doel te gooi vir die o.8-netbalspan. Foto: Annie Nolan

Lees die volledige berig in ons 19 Mei-uitgawe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button