NewsSchools

Mieke, die opkomende kunstenaar

Mieke het ook drie gouemedaljes vir haar drama-items ontvang.

Mieke Oosthuizen, ‘n negejarige Graad 4-leerder van Laerskool Randfontein het tydens die Talent Africa 2017-kompetisie as algehele junior wenner in Creative Works vir haar kuns weggestap.

Mieke het hierdie titel verower in die ouderdomskategorie vyf tot 14 jaar. Hiervoor het sy ‘n trofee en geraamde toekenning ontvang. Sy het twee kunswerke ingeskryf.

Mieke Oosthuizen is ‘n negejarige Graad 4-leerder van Laerskool Randfontein. Foto: Ingestuur.

Mieke het ook drie gouemedaljes vir haar drama-items ontvang.

Mieke en haar familie het gesê, “Baie dankie aan Kobie Botha van JC’s Pret met Drama-dramaklub vir al haar insette, die baie lang ure en ook soms baklei, want sonder haar sou dié prestasie beslis nie moontlik gewees het nie!”

Mieke is lid van die SA-span wat op 4 Julie New York toe vertrek waar hulle Suid-Afrika by die Talent America 2017-kompetisie gaan verteenwoordig.

Tydens die openings seremonie van Talent Africa het sy ook haar Provincial Federation of Performing Arts SA- (FPASA-) kleure ontvang.

Sy spog nou met haar Gauteng-sweetpak en -T-hemp.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button