MunicipalNews

Randfontein se drink- en spruitwater getoets

Is Randfontein se spruit- en drinkwater skoon? Vind hier uit ...

AfriForum het gister (Woensdag, 3 Mei) sy Blou- en Groendruppelprojek vir 2017 in Randfontein afgeskop.

Volgens Chris Boshoff, Omgewingsakekoördineerder by AfriForum is hulle besig om spanne regoor die land te mobiliseer om die drink- en rioolwaterkwaliteit te moniteer in dorpe waar die organisasie aktiewe takke het. Die rioolwaterinhoud in die spruit in Elandsvlei en die drinkwater by Hoërskool Jan Viljoen is spesifiek getoets.

Die toerusting wat gebruik is om die riool- en drinkwater te toets.

“Dit is duidelik dat die regering nie ernstig is oor die gesondheid van die mense van Suid-Afrika nie. Dit is al vyf jaar sedert die laaste Blou- en Groendruppelverslae vrygestel is. Die ANC-regering probeer hul onbevoegdheid wegsteek deur inligting van die publiek en selfs die parlement te weerhou, en dit is voor die hand liggend dat gewone mense die meeste ly weens hierdie waterkrisis. Omdat ons nie op die regering kan staatmaak nie, moet ons die waterkwaliteit moniteer,” het hy gesê.

Stukke toiletpapier en vaste materiaal is in die spruit se water opgemerk terwyl die toetse gedoen is.

AfriForum het verlede jaar deur die toetse te doen wat deur die Universiteit van die Vrystaat opgestel is, verseker dat sewemiljoen mense se drinkwaterkwaliteit op standaard is. Mense in bepaalde gebiede het siek geword sonder dat daar besef is dat besoedelde drinkwater die oorsaak daarvan was. Met beplande, ferm ingryping deur AfriForum sal hierdie dorpe binne 48 uur skoon drinkwater tot hul beskikking hê,” het Marcus Pawson, Hoof van Omgewingsake by AfriForum bygevoeg.

Boshoff het ook genoem dat AfriForum bekommerd is oor die swak bestuur en uitvoering deur die Waterreguleerder, wat die hele land in gevaar gestel het omdat daar nie watersuiweringsmiddels beskikbaar was nie en die kwaliteit van waterbronne swak is. Die burgerregte-organisasie het geen ander keuse gehad nie en moes ingryp om te verseker dat gemeenskappe veilige en voldoende drinkwater het, het Boshoff gesê.

Die toetsresultate wys dat daar te veel fosfaat in die spruit se water is.

Die uitslae asook hoofpunte wat tot burgerlike ingryping gelei het, sal in die 12 Mei-uitgawe van die Herald uiteengesit word.

Is jou drinkwater skoon? SMS die naam van jou dorp na 45354 en gee AfriForum die mandaat om die kwaliteit van jou dorp se water te toets.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button