CrimeNews

Man vasgetrek vir diefstal van motorhekparte

Man wat glo onder boom bly met moontlik gesteelde motorhekonderdele betrap.

EPR Sekuriteit het vroeër die week ‘n man gearresteer wat glo in besit van gesteelde hekmotoronderdele was.

Die insident het omstreeks 7nm in Dianastraat in Homelake plaasgevind.

Lees ook: EPR trek vermeende spoordief vas

Met reaksie offisier Kevin Kotze se aankoms het die kliënt bevestig dat die verdagte aan sy hekmotor gepeuter het. Kotze en die kliënt het daarna saam na die verdagte gaan soek en hom in ‘n bouvallige gebied gekry.

Die verdagte het ‘n swart sak by hom gehad waarbinne ‘n gekleurde hemp gevind is. Inbraakgereedskap asook ‘n hekmotor se ‘DB board’ was in die hemp toegerol.

Die verdagte is gearresteer en aan die Randfonteinse polisie oorhandig. Verdere ondersoek word gedoen.

Johan Krogh van EPR het gesê die man het glo beweer dat hy onder ‘n boom in die sportstadion bly.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button