Local newsNews

OPVOLG: Ma, dogter wat in ongeluk sterf se name bekend

Ma en dogter wat in ongeluk na gebedsbyeenkoms sterf, geïdentifiseer.

Die ma en dogtertjie wat saam in ‘n ongeluk op pad terug van die Angus Buchan-gebedsbyeenkoms naby Bloemfontein op Saterdag, 22 April, gesterf het, is geïdentifiseer.

Lees oorspronklike artikel hier: Ma, dogter en twee ander sterf na Buchan-byeenkoms

Die Graad 3-leerder van Laerskool Rapportryer is Wilnanda Reinecke en haar ma is Johanette Reinecke.

Die twee ander slagoffers wat in dieselfde voertuig was, is ook dood, maar die Herald kon hulle nog nie identifiseer nie. Ses ander mense wat in die ander voertuig was, het beserings opgedoen wat van lig tot matig gewissel het, het ER24-personeel berig.

Wilnanda Reinecke, die pragtige dogtertjie vroëer. Foto: Facebook

Die gru-ongeluk het op die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom plaasgevind toe hulle op pad terug Randfontein toe was na die It’s Time-gebedsbyeenkoms naby Bloemfontein wat deur Angus Buchan gelei is.

Lees ook: Geliefde Jannas-onderwyser sterf in ongeluk

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het vertel dat hul paramedici die twee voertuigwrakke in die middel van die pad ‘n entjie uit mekaar aangetref het. Hulle het die lyke van drie volwassenes en die dogtertjie in een voertuig gekry. Daar kon niks verder vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar. Die ander beseerdes is na verskeie hospitale toe geneem.

Lees ook: Jannas-leerder verloor albei ouers in ongeluk

“Die skoolhoof, personeel asook Wilnanda se medeleerders wil hiermee ons innige meegevoel en simpatie aan die familie betuig,” het Annelie Hefer, Wilnanda se onderwyser oor die tragiese gebeure gesê. Die skoolhoof, Carel Stoop, het bygevoeg, “Ons dra julle in ons gebede en bid vir berusting en vertroosting”.

Daar is nog geen begrafnisreëlings bekend nie, maar die Herald sal die gemeenskap inlig sodra daar nuus daaroor is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button