Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #13 – De Wet Nel

Die 13de persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Op Dinsdag, 25 April, het die Herald in die 13e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, met De Wet Nel, 30, gesels.

De Wet is sy hele lewe lank ‘n inwoner van Randfontein. Hy het vertel dat die dorp redelik veilig is en dat dit vir hom lekker is om in Randfontein te bly omdat hy sommer baie naby aan die werk is.

De Wet het homself beskryf as ‘n ernstige ekstrovert, en het die Herald lekker laat lag toe hy gesê het hy sal graag as ‘n droom vir vakansie Mauritius toe sou wou gaan, maar dat hy in realiteit eerder na sy eie dimensie toe sou wou gaan.

Sy ouers en ouer broer woon ook in Randfontein. De Wet se gunsteling eetplek is Grootjie se Kombuis waar sy gunsteling ‘Carlo’s se special’ is.

De Wet werk elke dag met baie kliënte. In sy private lewe is hy egter kieskeurig oor wie sy vriende is maar soos dit vir die Herald lyk, kan De Wet enige persoon met sy humorsin en intellek aantrek.

Hy was onder andere by Kocksoord, Jan Viljoen en Westcol College ‘n leerder en student. Op die vraag watter naam hy homself sou gee, was sy antwoord “Anoniem”, aangesien hy glo gewoonlik soos ‘n vlieg teen die muur is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button