NewsSchools

Verhoog nie ‘n vreemde plek vir Ram-leerders

Die verhoog is beslis nie 'n vreemde plek vir Ram-redenaars nie.

‘n Totaal van 18 redenaarsleerders van Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs aan die ATKV se Redenaars-streekskompetisie deelgeneem en beïndruk.

Die 18 redenaars het in hul onderskeie kategorieë met 23 ander skole meegeding. Ram is baie in hul skik met die hoë standaard wat gehandhaaf is en is ook besonder trots op die ses redenaars wat nou na die Gauteng-semifinaal deurgedring het. Hulle is Keneisha Coetzee (Graad 3), Armand Martins (Graad 3), Drytton Barnard (Graad 5), Elri Bosman (Graad 5), Elandre Obermeyer (Graad 5) en Clerise Begg (Graad 6).

“Ons wens dié leerders sterkte toe met hul voorbereiding vir die semifinale wat op Donderdag, 25 Mei by Hoërskool Linden plaasvind,” het Annie Nolan, Ram-woordvoerder gesê.

Kieran Rautenbach, Clerise Begg en Drytton Barnard is drie van Ram se top redenaarspresteerders. Foto: Annie Nolan

Ram se redenaars hou oor die algemeen die skool se naam by ander kompetisies hoog en het ook tydens die Superreeks teen 10 ander laerskole puik presteer.

Die volgende prestasies is behaal tydens dìe kompetisie by Laerskool Horison:

• Drytton Barnard – 2de plek in die (Graad 4) 5-kategorie
• Clerise Begg – 3de plek (Graad 6) 7-kategorie
• Kieren Rautenbach – wenner (Graad 6) 7-kategorie

Die verhoog is beslis nie ‘n vreemde plek vir Ram-redenaars nie en ons hou hulle met hoë verwagtinge dop,” het Annie gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button