Local newsNews

Leer NG Welsyn ken

Die Herald het onlangs meer oor NG Welsyn gaan uitvind.

Die Herald het onlangs meer oor NG Welsyn gaan uitvind.

Doret Potgieter, NG Welsyn se toesighouer, wat sedert 2005 by die Randfontein-tak betrokke is, het verduidelik dat haar beroep ‘n daadwerklike verskil in mense se lewens maak.

Drie nuwe maatskaplike werkers het vanjaar by NG Welsyn begin werk. Hulle is Estelle Jacobs, Louise Beukes en Anré la Grange. Doret het vertel dat hulle op die beskerming en beveiliging van weerlose kinders fokus.

“NG Welsyn werk volgens die Kinderwet 38 van 2005 en ons help kinders tot op die ouderdom van 18 jaar,” het Doret gesĂŞ.

Sy het verder verduidelik dat enige persoon, kerk of skool ‘n saak by die NG Welsyn kan aanmeld – ook persone wat anoniem wil bly. Die meeste sake is diĂ© van weggooi- en verwaarloosde kinders, materiĂ«le nood, en fisies en seksueel mishandelde kinders. Doret het gesĂŞ dat daar ook baie verwysings van die hof af kom.

Estelle Jacobs en Anré la Grange, twee van die drie nuwe maatskaplike werkers by NG Welsyn.

Daar is lede van die publiek wat glo dat maatskaplike werkers net kan instap en kinders uit hul ouerhuis kan wegneem. Doret het egter verduidelik dat hulle ‘n hofbevel moet hĂŞ voordat so iets gedoen kan word. NG Welsyn se doel is eerstens om te probeer om nie kinders van hul biologiese ouers weg te neem nie. Hulle gebruik al die bronne tot hulle beskikking om eers die kind te assesseer, hulp aan te bied en dan die gesin te herenig.

“Die laaste opsie sal wees om die kind weg te neem. DiĂ© besluit word deur ‘n landdros geneem,” het Doret gesĂŞ.

Geen lid van die gemeenskap wat in nood verkeer, word weggewys nie maar word verwys na ‘n instansie of bron wat hulle kan bystaan.

NG Welsyn is in ‘n groot mate van die gemeenskap afhanklik vir fondse. Doret het verduidelik dat die gemeenskap hulle kan help deur skenkings in die vorm van kontant, klere, niebederfbare voedsel, kospakkies, skoonmaakmiddels ensovoorts te doen.

Estelle Jacobs en Anré la Grange, twee van die drie nuwe maatskaplike werkers by NG Welsyn.

Enige ander vorm van hulp – soos vaardighede en tyd wat afgestaan kan word – sal ook baie waardeer word aangesien hulle dit net so nodig soos fisiese donasies het. Hulle het ook mense nodig wat die kinders wat geassesseer moet word, te vervoer.

Ander maniere waarop NG Welsyn geld insamel is die bekende Tekkie Tax-dag wat dié jaar op 26 Mei sal plaasvind, en deur ander funksies wat hulle reël.

NG Welsyn help alle kinders, ongeag taal, ras en geloof. “As Randfontein se gemeenskap met die skole, kerke en die NG Welsyn saamstaan sal vele kinders wat geaffekteer word, ‘n kans kan kry om as volwaardige, onafhanklike lede van ons gemeenskap te groei.

 

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button