NewsSchools

Riebeeckrand gesels in Engels

Hoërskool Riebeeckranders het hul man teen deelnemers van skole met Engels as huistaal gestaan.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op al die leerders wat onlangs aan die interne en span redenaarskompetisie deelgeneem en presteer het.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, is Riebeeckrand baie jare reeds bekend vir uitstekende Public Speaking-prestasies.

Leerders kry die geleentheid om aan die interne kompetisie deel te neem, asook aan verskeie ander spankompetisies. Die skool het agt Public Speaking-spanne.

Die eerste kompetisies is reeds agter die rug nadat die Riebeeck-leerders aan die High Schools Public Speaking Festival deelgeneem het en hul man teen deelnemers van skole met Engels as huistaal gestaan het.

Die groepe kry die geleentheid om later vanjaar tydens die Guild of Speech and Drama, NEA en Raca teen nog deelnemers van skole met Engels as huistaal en aan interne kompetisies deel te neem.

“Ons sien met verwagting uit na goeie prestasies gedurende die res van die jaar,” het Elzeri gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button