Local newsNews

Connie Mulder Sentrum kry geskenk ter waarde van R25 000

'n Vrygewige Randfontein-inwoner het 'n trekkergrassnyer aan die sentrum geskenk.

Die Connie Mulder Sentrum het onlangs ‘n Ryobi-trekkergrassnyer van ‘n vrygewige Randfontein-inwoner ontvang.

Die trekkergrassnyer ter waarde van R25 000 is deur Vernon Woods geskenk.

Vernon Woods het ‘n Ryobi-trekkergrassnyer ter waarde van R25 000 aan die Connie Mulder Sentrum geskenk.

Die sentrum is so dankbaar vir die skenking dat hulle die Randfontein Toetsstasie in Aureus gevra het om twee nommerplate te maak met Vernon se naam en van daarop. Sy naam is op die voorste nommerplaat en sy van is op die agterste een. Die toetsstasie het die nommerplate boonop goedgunstiglik geskenk.

Hierdie trekker stel ons nie net in staat om ons grasperke in stand te hou nie maar vergemaklik ons inwoners se taak omdat hulle vir hierdie instandhouding verantwoordelik is,” het Gordon Henney, Connie Mulder se hoof uitvoerende beampte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button