Opinion

Daar is nog barharmtige Samaritane

''n Dame sowat vyfde in die ry agter my het verneem hoeveel ek kort was en het sonder meer die geld in die ry afgestuur tot by die kassier.'

ā€¢ Coenie de Beer skryf:

Ek het op Saterdag 25 Maart 2017 die vernederende ervaring in die Randgate Spar gehad dat die masjientjie wat die bankkaarte skandeer by die toonbank waar ek bedien is, nie my debietkaart wou erken nie en na ‘n paar pogings volgehou het dat daar nie rekord van ‘n kaart met daardie nommer was nie.

Ondertussen het die mense in die tou begin opdam, want dit was maandeinde en daar was baie mense.

Ek het nie voldoende kontant in my beursie gehad om ten volle vir die transaksie te betaal nie en was sowat R120 kort. ‘n Dame sowat vyfde in die ry agter my het verneem hoeveel ek kort was en het sonder meer die geld in die ry afgestuur tot by die kassier. My vrou het haar naam en telefoonnommer by haar gevra sodat ons haar kon terugbetaal, maar sy wou niks daarvan weet nie.

Ons het dadelik geld by die kitsbank buite die winkel gaan probeer trek en dit is sonder meer uitbetaal. Teen daardie tyd was die dame al weg en ons kon haar nie tussen al die mense opspoor nie.

Sal u asseblief hierdie voorval ĆŖrens in u koerant plaas waar sy dit moontlik kan lees en met ons kontak kan maak sodat ons haar behoorlik kan bedank en haar geld kan terugbesorg?

Ek dank u by voorbaat.

Related Articles

Back to top button