Renjaers wys hul slag op Oval-baan
Verskeie mans en selfs vrouerenjaers het die afgelope naweek die enjins laat brul by die Randfontein Oval-baan.
Manne en selfs vroue het tydens die afgelope naweek se klubmotorsportwedrenne by die Randfontein Oval-baan gewys waartoe hul spog renvoertuie in staat is.
Deon en Marié Coetzee is sedert 2007 die eienaars van die baan wat byeenkomste onder die World Of Motorsport ZA-vaandel (Womza) [https://www.womzasa.co.za/] aanbied. Die welbekende Skyline Challenge is Februarie daar gehou.
Toeskouers se asems is Saterdag (25 Maart) weer weggeslaan toe die voertuie, onder meer die Kids Quads, 4 x Stroke Quads, 2 x Stroke Quads, 2100cc, 16V Midgets, 8V Midgets, Super Go-Karts, Hot Rods, 1660cc, Flexi’s en Ninjas hul staal getoon het.
Ben Morgenrood, bekende plaaslike besigheidsman, inwoner en renjaer was eerste in die Flexi’s-afdeling terwyl Deon ‘n derde plek in die 1660cc-afdeling verower het.
Familielede soos Vernon en Victor Pretorius, en Bryan en Dylan Herbst het sake vir die wenplekke in die afdelings vir 2x Stroke Quads en 4 x Stroke Quads onderskeidelik uitgespook. Natuurlik was al die vroue en dogters nie net toeskouers nie. Rene Joubert het onder andere die eerste plek beklee in die Kids Quads-afdeling. Die volledige uitslae volg.
Kids Quads:
• 1ste – Rene Joubert
• 2de – Kyle Saayman
Super Go-Karts:
• 1ste – Robbie Robbertse
• 2de – Hennie Strydom
• 3de – Le Roux
HotRods:
• 1ste – Albert vd Westhuizen
• 2de – Keogan Maartens
• 3de – Gert Kruger
2 x Stroke Quads:
• 1ste – Vernon Pretorius
• 2de – Justin Swanepoel
• 3de – Victor Pretorius
4 x Stroke Quads:
• 1ste – Bryan Herbst
• 2de – Dylan Herbst
• 3de – JJ Potgieter
Ninjas:
• 1ste – Rudi Kromstrom
• 2de – Jacque Venter
• 3de – Martin Nel
1660cc:
• 1ste – Lonika Maartens
• 2de – Hano Trichardt
• 3de – Deon Coetzee
2100cc:
• 1ste – Johan Botha
• 2de – Gideon van Zyl
• 3de – Roelof Wolvaardt
16V Midgets:
• 1ste – Eugene Saayman
• 2de – Brandon vd Mescht
8V Midgets:
• 1ste – Tiaan Flynn
• 2de – Nicolas Swartz
• 3de – Jan de Bruyn
Flexi’s:
• 1ste – Ben Morgenrood
• 2de – Hein Lehmkuhl
• 3de – Albert van der Westhuizen
Deon nooi Randfontein en al sy inwoners uit na die volgende byeenkoms wat omstreeks 6nm op Saterdag, 8 April gaan plaasvind. Skakel hom by 081 513 9146.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!