NewsSchool sportSchoolsSport

Hou gerus Jannas-hokkie dié jaar dop

Jannas woon hokkiekliniek deur bekende afrigter by.

Hoërskool Jan Viljoen se hokkiebokkies het onlangs ‘n kliniek bygewoon om hul vaardighede op te skerp.

Die kliniek is aangebied deur Reinhard Blokker, wat ook die skool se hokkie-afrigters touwys gemaak het.

Reinhard is onlangs aangestel as die afrigter van die Suid-Afrikaanse o.16-dogterhokkiespan.

Twee van Jannas se hokkiebokkies tydens die hokkiekliniek wat Reinhard Blokker aangebied het. Foto: Ingestuur

“Ons was baie opgewonde omdat hy sy kennis met ons dogters kom deel het,” het Tamaryn Smith, Jannas-woordvoerder gesê.

Tydens die kliniek het Reinhard die meisies verskeie nuwe vaardighede en tegnieke geleer en hulle gemotiveer om met elke oefening net hul beste te gee.

Tamaryn het gesê die spelers het die kliniek vreeslik baie geniet en sal beslis die nuwe tegnieke en vaardighede wat hul geleer het in die komende liga toepas.

“Baie dankie aan elke dogter wat hierdie ontwikkelingsgeleentheid gebruik het en veral aan Reinhard wat sy tyd opgeoffer het om ons meisies tot beter hokkiespelers te ontwikkel. Hou gerus Jannas-hokkie dié jaar dop,” het Michelle Myburgh, Jannas se hokkie-organiseerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button