Local newsNews

Oorlede karwag se ouers ontvang skenking

Sukses! Stigter van die Erika Pretorius Beweging oorhandig geld aan haar ouers.

Jacques Loubser, stigter van die Erika Pretorius Beweging het Woensdag, 15 Maart geld aan haar ouers, Giel en Alta Vermeulen, albei 68, oorhandig.

Nadat Erika, ‘n gereelde karwag by die Village Square-inkopiesentrum in Augustus oorlede is, het Jacques besluit om ‘n fonds in haar naam te stig waarvan ‘n gedeelte gebruik sal word om weerkaatsbaadjies vir karwagte in die dorp te koop. Die res sal gebruik word om Erika se ouers te help aangesien sy die gesin se broodwinner was. Albei haar ouers is bejaard asook medies ongeskik en het tans geen inkomste nie.

Erika Pretorius, was ‘n nederige mens.

Die Herald was genooi om die spesiale geleentheid by te woon.

Steyn het glo Donderdag (11 Augustus) aan diens siek geword en is kliniek toe geneem. Sy is later daardie dag per ambulans na ‘n staatshospitaal geneem waar sy drie later (Sondag, 14 Augustus) glo weens asemhalingsprobleme gesterf het.

Erika Pretorius se laaste legkaart waarmee sy besig was kort voor haar dood.

‘n Hartseer Alta sê, “Ons mis haar in die huis.” Erika het by die Village Square-inkopiesentrum as ‘n karwag gewerk en ook by die His Place Worship-sentrum, waar sy ook graag na die dienste geluister het. Dit is waar sy vir Jacques ontmoet het.

Nadat Pastoor Johan de Meyer haar begrawe het, het Jacques die inisiatief geneem en besluit om vir al die karwagte by Village Mall nuwe weerkaatsbaadjies te gee, ter ere van Erika. Elkeen se naam was ook op die baadjie gesit.

Giel Vermeulen en Jacques Loubser, stigter van die Erika Pretorius Beweging.

Jacques het daarin geslaag om vir al die karwagte by Village Mall 25 baadjies te oorhandig. Nadat die donasies vir haar ouers nie ‘n sukses was nie, het hulle boereworsrolle voor Tony’s Meatmarket, ‘n paar Saterdae gelede, aan die gemeenskap verkoop. Daardeur kon hy darem kontant vir Erika se ouers gee.

Jacques wil graag die volgende mense bedank vir al hulle hulp. Mannie van Tony’s Meatmarket, Oom Saai, Tannie Drien, Christo, Letishia, Ettienne, sy vrou Stefanie en Lucindi.

Indien jy ‘n bydrae wil lewer, stuur gerus vir Jacques ‘n epos na jloubser@gmail.com.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button