NewsSchools

Riebeeckrand vier saam met hul kaptein fees

Die leerders het ook uit volle bors vir hul hoof gesing.

Hoërskool Riebeeckrand se skoolhoof, Annelize van den Berg, het op Sondag, 12 Maart verjaar.

Riebeeckrand maak ‘n hartjie vir hul hoof.

Die leerders en personeel het op Vrydag, 10 Maart, saam haar fees gevier en die dag vir haar baie spesiaal gemaak.

Riebeeckrand se leerders staan trots by die spesiale kolwyntjies.

Tydens die vierkantopening Vrydagoggend het elke voogklas die hoof met geskenke en briefies bederf. Elke leerder het ‘n kolwyntjie gekry om aan te smul. Die leerders het ook uit volle bors vir Annelize gesing.

Die omliggende laerskole het saam met Riebeeckrand die dag geniet. Elke laerskoolpersoneellid en Graad 7-leerder is ook bederf met ‘n heerlike kolwyntjie om die Riebeeckrand-‘kaptein’ se verjaarsdag te vier.

Launa Roos (personeellid), Annelize van den Berg (hoof), Mari de Beer ( Graad 8-leerder) en Dewald Naudé (Graad 12-leerder) met hul kolwyntjies.

Annelize bedank elkeen wat die dag vir haar so spesiaal gemaak het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button