CrimeNews

KYK: Astrante grypdiewe slaan toe

MOET SIEN: Mans op kamera gevang handsakke gryp en selfoon steel in Helikon Park.

Danie Ferreira, 37, ‘n inwoner van Standloperstraat het twee verdagtes met sy sekuriteitskamera afgeneem terwyl hulle besig was om ‘n misdaad te pleeg.

Ferreira het telefonies met die Herald gesels en gesê, “Ek was in my huis, toe hoor ek ‘n geskreeu. Ek het buite gaan ondersoek instel, maar ek was te laat.”

Ferreira het gesê hy moes sy seuntjie rugbyoefening toe neem, maar toe hy terugkom, het hy die gebeure op sy sekuriteitskamera gesien. In die video kan duidelik gesien word hoe twee mans ‘n groep persone agtervolg, en hoe die een vrou se selfoon gesteel word.

Sien die video hier:

 

Die vrou se handsak het op die grond geval. Hulle wou dit glo ook steel, maar het vinnig daarsonder weggehardloop.

Die Herald het die volledige video aangestuur na kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie-woordvoerder, vir verdere ondersoek.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Burglars try to sell goods back to original owner

Suspected burglars stopped in their tracks

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button