NewsSchools

Só maak Riebeeckranders sushi

Vyf leerders van Riebeeckrand het tot die halfeindrondte van Ocean Basket se sushi-kompetisie deurgedring.

Almal kan braai maar min kan sushi maak.

Riebeeck-leerders saam met ‘n sushi-sjef.

Hoërskool Riebeeckrand het dit onder die knie nadat vyf van hul leerders aan Ocean Basket se sushi-kompetisie deelgeneem het. In die kwarteindrondte moes elke deelnemer drie sushi-disse voorberei soos daar aan hulle gedemonstreer is. Die leerders het na afloop van die kwarteindrondte ‘n Ocean Basket-geskenkbewys asook ‘n snybord van Ocean Basket ontvang wat hulle kan gebruik om hul tegnieke op te skerp.

Riebeeck-leerders saam met ‘n sushi-sjef.

Al vyf dié leerders, Franco Venter, Celine Pieterse, Megan Janse van Rensburg, Kayla du Buisson en Zané Pieterse het toe tot die halfeindrondte van die kompetisie deurgedring wat op 3 Maart by die Randfontein Skou plaasgevind het.

Die Fantastiese Sushi Vyf van Riebeeckrand is Kayla du Buisson, Zané Pieterse, Franco Venter, Megan Janse van Rensburg en Celine Pieterse. Foto ingestuur.

Riebeeckrand bedank ook graag die bestuur van Ocean Basket vir die inisiatief en leersame ervaring wat hulle vir die leerders geskep het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button