NewsSchool sportSchoolsSport

Rappies presteer op atletiekbaan

Jason kan ongelukkig nie by Gauteng deelneem nie omdat hy te jonk is.

Laerskool Rapportryer se atlete het van die eerste skooldag af begin oefen want hulle het huissport gehou net ‘n week nadat die skooljaar begin het. Die ouers was baie trots op hul kinders wat so pragtig gehardloop het.

Die Koedoes het die Geesbeker gewen en die span wat die beste in die veld- en baanitems presteer het, is die Springbokke.

Jason Breedt is ‘n uitstekende o.7-atleet. Foto: Ingestuur

Hugo Bekker het die gewigstootrekord geëwenaar en Jason Breedt spog met ‘n nuwe rekord in die 80m. Jason het boonop die rekord in die 60m geëwenaar. Hannes Strooh en Lizel Pio is onderskeidelik as die Senior Victor en Victrix Ludorum aangewys, en Jason en Monique van Zyl is onderskeidelik die Junior Victor en Victrix Ludorum.

Die D2-atlete wat aan die Gauteng-kampioenskappe gaan deelneem is van links Logan Jordaan, Ashley Minnie en Lizel Pio. Foto: Ingestuur

Rappies is baie trots op sy 55 atlete wat na afloop van die Sirkel C-byeenkoms gekies is om aan die Subdistrikte-byeenkoms deel te neem. Daar het Rappies 38 eerste plekke, 27 tweede plekke, 27 derde plekke en 15 vierde plekke behaal. Peet du Bruyn en Heinrich Schmulling het nuwe rekords opgestel. Jason het ook ‘n nuwe rekords opgestel en een rekord geëwenaar. Lizel, Ashley Minnie en Logan Jordaan is in die D2-span opgeneem want aan die Gauteng-kampioenskappe deelgeneem het.

Snr Victor en Victrix Ludorum : Hannes Strooh en Lizel Pio. Foto: ingestuur

Jason het ‘n tweede plek by die D2-kampioenskappe behaal, maar kan ongelukkig nie aan die Gauteng-kampioenskappe deelneem nie omdat hy te jonk is.

Rappies wens al die atlete baie sterkte toe en weet hulle gaan net hul beste lewer.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button