Opinion

Stadsraad van R’fontein verdien ‘n pluimpie maar …

Dalk moet werkloses touwys gemaak word in herwinningsprojekte teen die uitplasing van sleepwaens op bepaalde dae.

• Desmond Dickson skryf:

Die stadsraad van Randfontein verdien ‘n pluimpie maar, skaars ‘n dag nadat hulle met opknappingsdienste rondom die Anglikaanse Kerk begin het, het die ‘vullistyne’ uit weerwraak oornag weer toegeslaan.

Ooreenkomstig die klagskrif in die Herald oor vertraagde dienslewering het die raad summier gereageer maar toe bars daar ‘n Transvaalse storm los. Die Toekies-mentaliteit.

Hierenteen moet die blaam eerder voor die deur van gegoede inwoners gelê word wat teen betaling werkloses misbruik om rommel te strooi. Vreemdsnaaks en ironies het vullistrollies rommelstrooiery oralheen aangemoedig.

Dalk moet werkloses touwys gemaak word in herwinningsprojekte teen die uitplasing van sleepwaens op bepaalde dae.

Mnr Lesley Edwards, regnaas die munisipale kantoor, waar vullisopgaarding in sy ergste graad voorkom, het die skuifgat gesien en die pes in kontant omskep. Mnr Edwards sê hy sidder as hy vir hulp by die owerhede moet aanklop. ‘n Preek onlangs in ons kerk deur ‘n Amerikaner was When trash becomes treasure.

Hy’t na vullishope verwys wat oënskynlik vir die aanskouer peslik voorkom en vir die geleentheidsoeker na ‘n goudmyn. Die hooftema was omskepping en vernuwing.

Klagteskantore bestaan slegs by parskruipe en dorsvloere waar boewegeweld en eiegeregtigheid bespreek word. Dit moet eerder vermy word aangesien daar bemiddeling beskikbaar is en slegs benut moet word.

Related Articles

Back to top button