Local newsNews

#WilleWoensdag: Man se fobie vir spinnekoppe

In hierdie week se #WilleWoensdag sien ons hoe 'n kroegman wat aan 'n fobie vir spinnekoppe ly, se grootste vrees waar word.

Ons is al halfpad deur die week, en net om die stres en spanning so ‘n bietjie te verlig, is die Herald se Wille Woensdag vandag by Oribi Pub …

Tercia van der Merwe, eienaar van Oribi Pub vir die afgelope nagenoeg twee jaar, het vir die Herald vertel hoe haar kroegman, Koos van der Merwe, 73, se fobie vir spinnekoppe groot sports in die kroeg veroorsaak.

Koos werk al in die kroeg sedert die kroeg oopgemaak het. Hy geniet sy werk verskriklik baie, en baie van die regulars is sy vriende. Net een probleem het opgeduik, die regulars het uitgevind van sy fobie vir spinnekoppe, en dit tot hul voordeel begin gebruik.

Sodra hulle ‘n bietjie wil lag, steek hulle ‘n speelgoedspinnekop weg in die ys, tussen die bottels – oral waar hulle kan. En elke keer kry hulle waarvoor hulle gevra het … arme Koos wat hom boeglam skrik. Dan trek die ys en die glas, en almal skaterlag. Hulle geniet dit so, hulle betaal selfs vir hulle drankies wat Koos met die skrikslag mors.

Koos glo hy moes die fobie by sy pa, Willem van der Merwe geërf het. Sy pa was, net soos hy, bang vir paddas, goggas, krieke, slange en natuurlik spinnekoppe. Terwyl Koos vir die Herald van die skrikprobleem vertel het, het hy in hoendervleis uitgeslaan.

Met Tercia se hulp vang die Herald toe vir Koos in aksie. Nou kan die gemeenskap sien hoe Koos skrik …

Kyk hier na die video:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button