Local newsNews

AfriForum-tak in Randfontein gestig

AfriForum stel hul strategiese doelwitte tydens hule takstigting in Randfontein bekend.

‘n AfriForum-tak is onlangs in Randfontein gestig.

Marie Naudé, assistent koördineerder vir Gauteng-Suid het Randfonteiners vertel van AfriForum se doelwitte.
Marie Naudé, assistent koördineerder vir Gauteng-Suid het Randfonteiners vertel van AfriForum se doelwitte.

Die takstigting het op Dinsdag, 7 Februarie in Hoërskool Jan Viljoen se skoolsaal plaasgevind. Volgens Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak het hulle met ongeveer 50 lede begin en gegroei tot oor die 90 lede. Baie Randfonteiners asook voormalige GPF- en Randfontein Polisie-lede het die stigting bygewoon.

AfriForum-ampsdraers het ook die volgende strategiese doelwitte aan die voornemende lede verduidelik.

• Belangebeskerming

• Selfstandige vermoë

• Gesonde politieke magsbalans

• Eie toekoms

AfriForum het ‘n gasspreker, Barend Uys, genooi om ook met voornemende lede te praat. Hy het vertel van die AfriForum-buurtwag en die voordele om ‘n buurtwaglid te word.

Barend Uys was die gasspreker vir die Randfontein AfriForum-takstigting.
Barend Uys was die gasspreker vir die Randfontein AfriForum-takstigting.

Dit gelyk asof Randfonteiners baie belang gestel het in die AfriForum-buurtwag. Daar word reeds ‘n buurtwagvergadering op Vrydag, 10 Februarie om 6.45nm in Wheatlands gehou. Die vergadering sal by Driftwood, Langweg 45 plaasvind.

Na die voorlegging is daar ‘n AfriForum Randfontein-komitee gekies.

AfriForum-komitee:

• Voorsitter – Matiam van Vuuren

• Ondervoorsitter – Jan Lubbe

• Sekretaris – William Knight

• Penningmeester – Teresa Lotter

• Veiligheid – Lt-kol Tewie Botha

• Plaaslike regering – Beth Biggs

• Omgewingsake – Chris Fuhri

• Jeug – Martin Botha

• Assistent – Monique van Vuuren

• Navrae: Vir verdere inligting oor die Randfontein AfriForum tak, skakel gerus 074 245 0338.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button