Local newsNews

Hyundai gee terug aan publiek

Hyundai Westonaria se Festive Season Lucky Draw-kompetisie kom tot 'n belonende einde.

Die laaste groep wenners van Hyundai Westonaria se Festive Season Lucky Draw-kompetisie is Dinsdag, 31 Januarie aangekondig.

Eddie Ehrke (onderdelebestuurder) oorhandig 'n geskenkpakkie van die parte-afdeling aan Johnny Jacobs. Foto: Amanda van Zyl
Eddie Ehrke (onderdelebestuurder) oorhandig ‘n geskenkpakkie van die parte-afdeling aan Johnny Jacobs. Foto: Amanda van Zyl

Volgens Hanna Volschenk, diensadviseur van Hyundai Westonaria het die kompetisie oor drie maande, van November tot Januarie 2017, gestrek.

Sy het verduidelik dat kliënte wat hul motors ingebring het om gediens te word, ‘n kans gestaan het om te wen.

Hanna Volschenck (diensadviseur) oorhandig vir Marliene Venter haar diensgeldprys van R1 636.46. Foto: Amanda van Zyl
Hanna Volschenck (diensadviseur) oorhandig vir Marliene Venter haar diensgeldprys van R1 636.46. Foto: Amanda van Zyl

William Davoran het ‘n brandstofbewys van R500 gewen, Marliene Venter het haar diensgeld as prys teruggekry en die geskenkpakkie van die onderdele-afdeling is aan Johnny Jacobs oorhandig.

“Ons wil ‘n bietjie meer mense trek en teruggee aan die publiek. Ons waardeer almal wat ons ondersteun en beoog om in die toekoms nog so ‘n kompetisie te hou. Hou beslis die Herald dop,” het Hanna gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button