NewsSchools

Jannas verwelkom hul baba Lamas

Nagenoeg 200 Graad 8's het vanjaar by Jannas aangesluit.

WHoërskool Jan Viljoen (Jannas) het 180 Graad-8 leerders vir die nuwe skooljaar verwelkom.

Hulle staan as die baba Lamas (Lakse Agterlosige Militêre Androïede) bekend.

Jacques van Heerden, Jannas-president het die baba Lamas welkom geheet met die woorde van die bekende Dalai Lama: “In order to carry a positive action, we must develop here a positive vision”.

Hy het ook vir die leerders gesê dat hulle ‘n goeie keuse gemaak het om deel van die Jannas-familie te word.

Tydens die verwelkoming het Jannas se Graad 8’s spesiale uitrustings gedra.

“Dit was skreeusnaaks. Van sykouse met hare tot watte op die wange,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Op Vrydag, 27 Januarie het elke Graad 8-leerder ‘n Bros-eksamen afgelê om te kyk hoe goed hulle die skool ken. Hul groentjiekonsert vind op 1 en 2 Februarie plaas.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button