Local newsNews

AGS Groen Weivelde se Woordskool begin weer eersdaags

AGS Groen Weivelde se Woordskoolprogram skop in Februarie af.

AGS Groen Weivelde se Woordskoolprogram skop in Februarie af.

Volgens die kerk begin hulle Eerste Tree- en Tweede Tree-kursus op Woensdag, 1 Februarie. Hulle beoog om ’n Derde Tree-kursus in te sluit. Die kursusse volg programme van vier tot vyf weke lank en word elke Woensdag om 7nm by die kerkgebou aangebied. Mense kan by die kerkkantoor registreer.

“Elke fase van die kursus is ’n noodsaaklike bousteen vir die geloofslewe van ’n Christen. Belangrike onderwerpe word in elkeen van die kursusse behandel,” het Adél Botha van AGS Groen Weivelde gesê.

Sy het vertel die Eerste Tree fokus op die basiese beginsels van geloof as Christene. Hierdie kursus is ontwikkel na aanleiding van die tendens by oud en jonk om van die waarheid af weg te dwaal.

“Daar word opgemerk dat nadat mense hul lewens aan die Here oorgegee het, hulle na ‘n tyd wegdraai van daardie besluit en terugval in die wêreld. Een van die vele redes hoekom dit gebeur is die gebrek aan goeie, standvastige, grondwaarhede as basis.”

Doelwitte van die Eerste Tree-program:

• Om vir elke nuwe bekeerde Christen op ‘n pad van groei en ontwikkeling te plaas

• Om dissipels te maak van alle mense, oud en jonk

• Om dié wat ‘n dieper kennis van die Woord verlang, op ‘n pad van ontdekking te plaas

• Om te verhoed dat die skape weggerokkel word deur die duiwel

• Om grondwaarhede daar te stel

• Om die waarheid waarin ons as die kerk glo, vas te maak

“Die belangrikste doel van hierdie kursus sal wees om dissipels te maak en te verseker dat dié wat hierdie Eerste Tree-kursus voltooi, meer en meer die heerlikheid van Christus sal weerspieël.

“Die Tweede Tree-kursus fokus op die gebedslewe van ’n gelowige en poog om gelowiges toe te rus vir ’n effektiewe gebedslewe om hulle in ’n dieper verhouding met Christus te lei. Die klem is op gebedsbeginsels uit die Woord, maar ook die praktiese toepassing daarvan.

“Sodra die Derde Tree se materiaal gereed is, sal ons meer besonderhede daaroor verskaf,” het Adél belowe.

• Navrae: Skakel die kerkkantoor by 011 692 3880 of Adél by 076 430 7407 of epos admin@groenweivelde.co.za

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button