NewsSchools

Jannas se huissport is vet pret

Jannas hou hul 2017-huissportbyeenkoms met temas van Amazon tot die Smurfs.

Hoërskool Jan Viljoen het hul eerste week van skool op ‘n interessante wyse afgeskop.

'n Jannas-atleet gee haar alles.
‘n Jannas-atleet gee haar alles.

Op Vrydag, 13 Januarie het die skool hul huissportbyeenkoms aangebied waartydens elke graad ‘n tema gekry en daarvolgens moes aantrek.

Die Graad 8’s en 12’s het dieselfde tema en kleur (wit) gehad. Die Graad 9’s het ‘n Smurf-tema gehad terwyl die Graad 10’s feetjies en die Graad 11’s die Amasone-reënwoud moes uitbeeld.

Die Graad 11-groep het duidelik baie tyd en moeite ingesit en onder andere hul banier geverf, baie oorspronklik volgens die tema aangetrek en selfs ‘n gorillakostuum laat maak.

Wat die aksie op die veld en baan aanbetref is ‘n paar rekords verbeter en alle leerders – selfs dié wat nie atlete is nie – het dit geniet om deel te neem.

Luhallan van der Bergh (o.19) het ‘n rekord verbeter in hoogspring met ‘n sprong van 1,85m terwyl Arno (o.15) ook in hoogspring 1,80m gehaal het. In die 200m vir seuns o.16 het Kevin Zaayman ‘n rekord laat spat met ‘n vinnige tyd van 23,41 sekondes.

Die Graad 11-groep se gorilla.
Die Graad 11-groep se gorilla.

Uitslae:

• Jnr Victrix Ludorum — Zuricha van Heerden

• Snr Victrix Ludorum — Angelique van Niekerk

• Jnr Victor Ludorum — Arno Janse van Vuuren

• Snr Victor Ludorum — Luhallan van der Bergh

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button