Gaan jou mis, Worsie se Ma

Een ding is seker, niemand sal ooit Worsie se Ma se skoene kan volstaan nie.

• Die redakteur skryf:

Een van my gunsteling ‘anties’, die Suid-Afrikaanse aktrise Marga van Rooy, is onlangs oorlede.

Tannie Marga het volgens berigte in Desember ernstig siek geword en het Sondag 15 Januarie haar stryd teen kanker verloor. Sy was veral bekend vir haar rolle in teaterstukke, rolprente en sepies soos Villa Rosa, Egoli, Mollie en Wors, Lipstiek Dipstiek, Panic Mechanic en Vetkoekpaleis. Sy was ook briljant in ernstiger rolle, soos in die drama Die groot wit roos.

In 'n radiodrama vir RSG: Frans Swart, Kobus Burger, Marga van Rooy en Paul Luckhoff. Foto ingestuur.
In ‘n radiodrama vir RSG: Frans Swart, Kobus Burger, Marga van Rooy en Paul Luckhoff. Foto ingestuur.

Ek ken haar as ‘Worsie se Ma’. Wie kan haar beskrywing van “die pyn en lyding” tydens Worsie se geboorte vergeet, of haar dreigement van “Poppie sal hiervan hoor” wat sy as Ella gereeld na haar swaer Frik in Vetkoekpaleis geslinger het?

Een ding is seker, niemand sal ooit Worsie se Ma se skoene kan volstaan nie. Kyk gerus na twee video’s van Ella se uitstekende spel in Vetkoekpaleis:

As huldeblyk aan Tannie Marga gaan Daa’ Gaat Die Bruid se laaste speelvak in die Atterbury Teater in Pretoria van 24 tot 29 Januarie op die planke wees. Die ervare aktrise, Elma Potgieter, sal Tannie Marga se rol van Daphne oorneem.

 

 

Related Articles

Back to top button