Local newsNews

Erika Pretorius Beweging beïndig

Die Erika Pretorius Beweging kom tot 'n einde weens min bystand, sê stigter.

Die Erika Pretorius Beweging wat ter nagedagtenis aan Erika Pretorius na haar afsterwe in Augustus verlede jaar gestig is, het tot ‘n einde gekom.

Jacques Loubser, die stigter, het dit aan te min bystand toegeskryf.

Jacques Loubser is baie hoopvol vir die fondinsameling vir Erika se ouers in Februarie.
Jacques Loubser is baie hoopvol vir die fondinsameling vir Erika se ouers in Februarie.

Erika, ‘n bekende karwag by die Village Square-inkopiesentrum, het vir haar ouers gesorg met die geld wat sy as ‘n karwag verdien het. Albei haar ouers is pensioentrekkers wat medies ongeskik is.

Jacques het Vrydag, 13 Januarie aan die Herald vertel dat hulle darem aan 27 karwagte by die inkopiesentrum weerkaatsbaadjies kon gee waarop hul eie name en dié van die Erika Pretorius Beweging aangebring is. Jacques het gehoop dat die donasies genoeg sou wees om al Randfontein se karwagte van baadjies te voorsien.

Jacques het gesê dat hulle nog so vyf baadjies aan die inkopiesentrum se karwagte gaan oorhandig en dan in Februarie ‘n fondsinsameling vir Erika se ouers sal hou. Hulle het nog geen finansiële hulp gekry nie, wat Jacques aan ‘n gebrek aan donasies toeskryf.

In November verlede jaar het Jacques gesê, “Ons wil seker maak dat die Beweging ‘n positiewe impak sal hê op almal wat daarmee in aanraking kom”. Die eerste baadjie is in Oktober aan Jan Els, ‘n karwag by Village Square oorhandig.

Jacques bedank graag His Place Worship Centre, Sanna Holl van Suzaans Supplies en Loraine Kruger vir hul donasies en insette.

Jacques vertrou dat die fondsinsameling in Februarie suksesvol sal wees.

Enigiemand wat ‘n bydrae vir Erika se ouers wil gee, kan Jacques epos by jloubser@gmail.com.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button