NewsSchools

Ram se graadeentjies stap in ‘n ry

Nuwe groep Graad 1's vir die 2017-skooljaar by Ram verwelkom.

Vir Laerskool Randfontein (Ram) se Graad 1-leerders het die skooljaar ‘n dag vroeër as vir die ander leerders begin.

Die amptelike skooljaar skop op Woensdag, 11 Januarie af maar soos gewoonlik het die skool besluit om die nuwe groep eerder ‘n dag voor die tyd te verwelkom.

Vuyo Mathiya en haar dogter Refilo. Refilo het meer gereed vir Graad 1 gelyk as haar ma.
Vuyo Mathiya en haar dogter Refilo. Refilo het meer gereed vir Graad 1 gelyk as haar ma.

Leon Haupt, die skoolhoof, voel dit is beter vir die nuwe groep Graad 1’s om ‘n eerste dag sonder die ouer leerders te hê om hulle meer op hul gemak te laat voel. Hul eerste dag het in die skoolsaal afgeskop waar Ram-onderwysers asook die skoolhoof hulle ingewag het.

Dis was nie net die skool se personeel wat die kleintjies met ope arms verwelkom het nie; die Ram- leiers het hul nuwe medeleerders en hul ouers soos koninklikes behandel.

Tweeling Jaco en Johan van Noordwyk op hul eerste dag van grootskool.
Tweeling Jaco en Johan van Noordwyk op hul eerste dag van grootskool.

Sommige Graad 1’s – die meeste van hulle voormalige Ramkriekie-leerders – was reg vir die nuwe uitdaging terwyl ander met hartseer gesiggies van hul ouers afskeid geneem het.

Alhoewel dit ‘n groot dag vir die leerders was, was party van die ouers meer gespanne as hul kinders.

Vuyo Mathiya, ‘n nuwe Graad 1-ouer was meer bekommerd oor die eerste dag in Graad 1 as haar dogter, wat nie kon wag om grootskool toe te gaan nie.

Betty, Dewalt en Jakes Strydom is almal opgewonde oor Dewalt se eerste dag.
Betty, Dewalt en Jakes Strydom is almal opgewonde oor Dewalt se eerste dag.

Ram se unieke eerste skooldag vir hul Graad 1’s het glad verloop en mens kon sien almal was opgewonde oor die nuwe skooljaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button