Local newsNews

Geliefde inwoner, Willie Meyer, 78, sterf

'Hy was altyd baie behulpsaam en vredeliewend. Hy het uit sy pad gegaan om mense te help.'

Willie Meyer, Ten Acres-inwoner, geliefde eggenoot en pa is op Maandag, 5 Desember op die ouderdom van 78 skielik aan ‘n hartaanval oorlede.

Hy het in Randfontein gewoon sedert hy ses jaar oud was en het volgens sy seun, Arnold Meyer, oor die jare welbekend in die dorp geword.

“Hy was altyd baie behulpsaam en vredeliewend. Hy het uit sy pad gegaan om mense te help,” het Arnold vertel.

Willie Meyer, 78, is skielik aan 'n hartaanval oorlede.  Foto ingestuur.
Willie Meyer, 78, is skielik aan ‘n hartaanval oorlede. Foto ingestuur.

Volgens Arnold was Willie ook ‘n groot diereliefhebber. Hy het die afgelope 20 jaar met voëls geboer en van kleins af perd gery, en later perde aangehou.

“Hy was baie lief vir diere, en verskriklik lief vir perde. Een van sy gunsteling stokperdjies was sy voëlboerdery,” het hy gesê.

Arnold het vertel hoe sy pa altyd vir hom gedoen en gegee het wat hy kon.

“Hy was so ‘n goeie eggenoot, lewensmaat, steunpilaar, vader en beste vriend. Ons, asook almal wat hom geken het, sal hom mis,” het hy bygevoeg.

Willie het tot sy laaste dae tussen sy perde en voëls op die Ten Acres-plot gewoon wat hy self ontwikkel het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button