NewsSchools

VIDEO: Vind uit wat Graad R’e van die ‘grootskool’ dink

Daar is kopgekrap, verskriklik hard gedink, gegiggel en daarna is die vrae beantwoord.

Daar word verskeie mylpale en gebeurtenisse in enige kind se lewe gevier.

As ouers probeer ons gewoonlik om elke groot oomblik saam met hulle te vier, te beleef en seker te maak dat daar ‘n onvergeetlike herinnering gevorm word in elke hoekie van hul geheue.

Die groot mylpale sluit in hul eerste woord, tree en tand, en dan die eerste tand wat gewissel, asook wanneer die pedale vir die eerste keer sonder balanseerwiele getrap word. So maak ons as ouers die herinneringe bymekaar; om self te onthou en ook om ons kinders daaraan te herinner.

Een van dié gebeurtenisse sluit natuurlik in die eerste dag van ‘grootskool’. Volgens baie kleuters is die dae van speel en partytjie verby, want nou is dit tyd vir hard werk en baie leer.

Die Herald het onlangs by twee plaaslike Graad R-klasse gaan kuier om uit te vind hoe hulle voel oor hul volgende groot mylpaal wat op die horison lê.

Daar is twee vrae aan elke kleuter gevra:

• Wat dink jy is die ‘groot skool’ en wat doen ‘n mens daar?

• Wat wil jy eendag word as jy groot is en wat doen ‘n mens in die beroep?

Daar is kopgekrap, verskriklik hard gedink, gegiggel en daarna is die vrae beantwoord …

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button