Local newsNews

Vriendskaptuiste se Kersmark is om die draai

'n Lam-op-die-spit en moontlik 'n Kersvader op 'n Harley Davidson is 'n paar van die hoogtepunte om na uit te sien by vanjaar se Kersmark.

‘n Lam-op-die-spit, handgemaakte geskenke en moontlik ‘n Kersvader op ‘n Harley Davidson is waarna die gemeenskap kan uitsien by Vriendskaptuiste se derde Kersmark op Saterdag, 26 November.

Amanda van Niekerk, bedryfshoof van Vriendskaptuiste het bevestig die funksie skop om 9vm af. Die doel is om fondse vir die tehuis in te samel.

Op die vraag waaroor die Kersmark gaan, het Amanda gesê, “Samesyn, die gemeenskap, geskenke en kuier. Daar gaan minstens 25 verskillende stalletjies wees en ons hoop vir so 400 pare voete of meer.”

Behalwe die lam-op-die-spit kan Jan Publiek hom regmaak vir die wafels en roomys, ingelegde produkte, musiek en moerkoffie wat aangebied gaan word.

Amanda het vertel dat die inwoners van Vriendskaptuiste self betrokke is by die Kersmark. Behalwe dat hulle self stalletjies het en met versierings help, sal die komitee pannekoek bak en die breiklub sal met hul handwerk besig wees.

Die Herald gaan die mark bywoon en hoop om die hele Randfontein daar te sien.

• Navrae: Amanda by 011 412 1045.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button