Local newsNews

Meer as 1 000 sien Die Prins-toneelstuk

Die Prins-toneelstuk lok meer as 1 100 gelowiges.

Die Prins-toneelstuk deur Oppiplanke is onlangs by die AGS Randgate aangebied en het ‘n groot gehoor gelok.

Volgens Louis Nel, skrywer en regisseur van Die Prins het meer as 1 100 mense die toneelstuk tydens die loopvak van vier dae gesien.

“Dit het vir ons as toneelgeselskap so baie beteken om te sien hoe mense van Randfontein en omliggende gebiede die tyd afgestaan het om ons te ondersteun. Die meeste mense wat hierdie produksie gesien het, het die Evangelie op ‘n nuwe manier ervaar en beter verstaan.”

Hy het vertel hoe die toneelgeselskap elke aand na die produksie mense bemoedig en vir hulle gebid het vir genesing, vrede, liefde, bevryding en insig. Verskeie mense het ook die vrymoedigheid gehad om hul lewensverhaal te vertel.

Louis het vertel hoe dankbaar hulle groep is vir die Gees-geïnspireerde boodskap wat hulle aan mense kon bring, naamlik dat die Vader almal liefhet nes hulle is.

“Die oomblik wanneer ‘n mens die Here aanneem, begin ‘n wonderlike reis waartydens die Heilige Gees jou begin leer en oortuig van wat verkeerd is. Dit is ‘n reis saam met ander kinders van die Here. Wat ‘n eer en voorreg is dit nie,” het Louis gesê.

Oppiplanke bedank graag almal wat ‘n bydrae gelewer het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button